'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Buitengewone Spyseniering - Grincourt Nature Reserve Venue

 Twee van die belangrikste aspekte van ʼn suksesvolle troue is: die samesyn van familie en vriende asook die kos. Elke gas op enige troue hoop skelmpies vir lekker kos. In die geval, het die bruidspaar die hef in die hand, want deur ʼn goeie spysenier en kreatiewe insette kan dié verwagtings oortref word. Grincourt is dié oplossing, bekend vir ‘n onthaal wat jou huweliks-fees met ongelooflike smake sal vul, waaroor die gaste vir nog jare te kom sal gons.

 ʼn Standaard spyskaart by Grincourt is ʼn samestelling van peuselhappies, drankies (opsioneel) en ʼn drie-gang maaltyd. Die maaltye is egter nie ʼn tradisionele buffet ete nie, maar iets nuuts en unieks. Dit is ʼn samestelling van beide tradisionele disse en moderne kos-kombinasies en smake. As ʼn voorsmaak kan die volgende kombinasies verwag word: ʼn gesofistikeerde bees-fillet gebraai op die Suid-Afrikaanse manier, ʼn moderne bulgar koring slaai, ‘n Amerikaanse Waldorf slaai, Indiese geure van ʼn hoender kerrie en rotti’s, afgesluit met die tradisionele kaneel smaak van ʼn melktert. Daar kan ook voorsien word vir enige dieëtvereistes, ondermeer; allergieë, vegetariërs of selfs die suikervrye vlugtelinge, solank daar vooraf gespesifiseer word. Alhoewel daar beslis ʼn vernuwing in die spyskaarte is wat Grincourt bied, word die bruidspaartjie steeds aangemoedig om interessante idees voor te stel wat ingewerk kan word.

 Wanneer dit by die bediening van die maaltye kom, is Grincourt ʼn ou hand, oor die beste tye en maniere om die kos voor te sit.

Na die seremonie is almal gewoonlik lus vir iets om die maag te vul. Terwyl die kameras flits om die bruidspaar vas te vang, word die gaste aangemoedig om lekker te gesels en te kuier met welkom-drankies en ʼn kombinasie van vars en warm happies. Die versnaperinge dien as voorgereg omdat dit vullend is en deur kelners bedien word.

Met aanloop tot die onthaal word die hoofgereg na die heildronke bedien. Omdat die voorgereg ʼn paar ure terug was, sal almal dadelik weer gereed wees om te smul aan die warm disse wat voorgesit word.

Dit is belangrik om te besef dat meeste groot venues, soos Grincourt, hulle eie spysenierings span en kombuis het wat hulle vereis die bruidspaar moet gebruik (veral wanneer of omdat daar ʼn restaurant op die perseel is). Wat Grincourt egter spesiaal maak is dat daar geen beperking tot die spyskaart, kosstyle en soorte is nie. Soos wat ʼn mooi hakskoen of paar oorbelle die perfekte rok komplimenteer, so ook moet die spyskaart die bruidspaar weerspieël. Daarom word dit bespreek en aangepas volgens die paartjie se unieke vereistes en smake. Daar word altyd ʼn persoonlike aspek of gereg tot die spyskaart gevoeg, byvoorbeeld ʼn tradisionele familie resep, ʼn spesiale gereg gekoppel aan ʼn goeie oomblik van die bruidspaar of selfs ʼn nagereg vanuit hul kinderdae herinneringe.

Die tema van die spyskaart moet ook die tema van die troudag aanvul. ʼn Spesifieke tema verseker dat die kos soorte by mekaar pas en selfs die dekor komplimenteer. Dit skep ook vryheid aan die paartjie om die styl van die onthaal te bepaal. Dit stel die toon van die ete voor, het sy ʼn tradisionele aansit ete waar die kos bedien word, ʼn minder formele maar familie georiënteerde opskep scenario of informele en opwindende self-help stasies.

Dit is belangrik om te besef dat die spyskaart nie gelaai hoef te wees met baie soorte geregte en soet nageregte nie. Grincourt waarborg dat wat wel voorgesit word in die begroting pas, stylvol voorgesit word en smaaklik is. Na afloop van al hierdie moeite, geld en keuses, word die bruidspaar aangemoedig om nie te vergeet om te eet nie. Dit is hulle gunstelinge, spesiale samestellings, vir hulle om te geniet en met hul geliefdes en mekaar te deel. Dit is tog waaroor die bruilof gaan.

Verskaffer: