'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

As Die Skoen Pas

Die formaliteite is verby en jy is al heeldag op jou voete. Dis tyd om jou skoene uit te skop en bietjie pret te he! Vermaak jou gaste met die “ As die skoen pas “ speletjie.

Dit werk so…

Plaas twee stoele rug-teen-rug op die dansvloer vir die bruid en bruidegom. Beide verwyder dan hul skoene en ruil een met die ander sodat albei die bruid en bruidegom een van elk se skoen in hul hande het. ‘n Aangewese persoon (berus iemand wat julle albei goed ken met hierdie taak) vra dan ‘n reeks vrae oor julle en julle verhouding, bv. wie maak die lekkerste kos, of wie het eerste vir die ander een gese ek is lief vir jou. Na elke vraag hou jy die persoon se skoen in die lug wat die beste by die antwoord pas. Hou in gedagte dat julle rug-teen-rug sit en nie mekaar se antwoorde kan sien nie, hoe snaakser die vrae hoe lekkerder gaan almal lag!

As jy nie graag jou skoene wil uittrek nie kan julle vlaggies ook gebruik. 

Hier volg dan ook ‘n paar vrae wat ons dink julle gaste sal geniet:

Wie het die eerste “move” gemaak toe julle net ontmoet het?

Wie bestuur beter?

Wie is die slimste?

Wie maak lekkerder kos?

Wie is altyd laat?

Wie is die aantreklikste?

Wie het eerste gese ek is lief vir jou?

Wie begin altyd eerste met ‘n argument?

Wie se altyd eerste ek is jammer?

Wie spandeer die meeste geld?

Wie spandeer die meeste tyd op Facebook?

Wie maak die lekkerste koffie?

Wie sal verdwaal?

Wie sal vir direksies vra?

Wie is die netjiese een?

Vir wie is jy die meeste lief in die hele wereld?

 

Is daar enige bruide wat hierdie speletjie gespeel het? Watse snaakse vrae moes julle antwoord? Daar is 'n verassing vir die persoon wat ons die lekkerste laat giggel. Besoek ons Facebook blad en deel jou storie in die kommentaar boks onder " As die skoen pas ".