'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Kings Walden

Kings Walden is geleë in die sagte groen heuwels van die sub-tropiese dorp, Tzaneen en spog met ‘n besonderse uitsig op die Noordelike Drakensberge en ‘n gastehuis wat deel is van van ‘n bekoorlike, eeue-oue erfenis. Besoekers geniet elegante akkommodasie en heerlike etes met die opsie om op ‘n sjampanje piekniek te gaan.

In die 1930's het 'n jong dame vasgenael voor hierdie einste majestieuse uitsig gestaan saam met haar geliefde en aan hom gesê, "hier wil ek nooit weggaan nie". Haar geliefde was die eienaar van die grond asook die mooie uitsig en hy het haar met die woorde, "trou met my en jy sal nooit hoef nie" laat smelt. 

Elsie Tooley kon die onweerstaanbare aanbod nie weier nie en sy het die oorspronklike Kings Walden Tuin toe geskep.

 Baie jare later, die nag waarop Elsie Tooley oorlede is, het weerlig die massiewe bloekomboom getref. Die einste boom waaronder sy geswig het voor die asemrowende uitsig. Hierdie boom staan steeds vandag, dramaties en wit soos sneeu, 'n simbool van die magiese, romantieke gees en geskiedenis wat op die gronde heers. 

Hierdie weerligboom word hewig bewonder en was al die fokuspunt van menigte fotograwe se werk. Die boom verskyn ook in Thomas Packenham se boek, "Remarkable Trees of the World
.
" Stil en vreedsame voetpaadjies vind hul weg vanaf die weerligboom. 

Die paadjies lei na verskeie gedeeltes in die tuin, verby kabbelende fonteine, artistieke damme, geheime tuine en 'n verskeidenheid water fokuspunte. Jy kan die tuine gevul met rose, azaleas en camellia bosse verken of jy kan jou tyd verwyl in die koel uitgesakte tuin omring deur boomvarings en lelies.

Die inwonende ape versorg hulself in die formele Italiaanse-styl roostuin, met traliewerk en kolomme, witgekalkte standbeelde en spieëls. In die hartjie van die Kings Walden Tuin is 'n prentjiemooi meer, genoem die Bibigar of 'plek van geeste’. Die meer word bewaak deur 'n enorme paar sfinks. Daar word gesê dat indien jy die sfinks se tepels vryf, goeie geluk jou beskore sal wees.