'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Liefde in die Stad

Dramatiese blomme, pragtige rokke en juwele, unieke skryfbehoeftes en ‘n besonderse mooi koek stel die toneel vir ‘n gestileerde fotosessie geinspireer deur 2017 se kleur pallet. Die tema, “Big City Love”.

Die talentvolle dames van Catharina Carolina het te werk gegaan aan die welige blomme samestellings en dekor wat die industriele venue, 012central, in die hartjie van Pretoria omskep het in ‘n sprokiesbruilof.

Die talentvolle Monique Verwey van Design love - Grafiese Ontwerp Studio het botaniese skryfbehoftes ontwerp in ‘n boheemse styl wat sterk na vore kom en die sjokolade koek, deur Kreatery, lyk net so feestelik soos die tema.

Ons hoop hierdie gestileerde fotosessie inspireer al ons Limpopo bruide om braaf te wees en iets nuuts te probeer. Dit is jou spesiale dag en die een geleentheid om iets rerig besonders te doen! En onthou, ons wil jou kreatiewe idees sien!! So stuur vir ons jou trou fotos, jy inspireer dalk net ‘n volgende bruid...

Dankie aan die volgende verskaffers:

Die Venue:

CPA House, 101 Du Toit Street, Pretoria | www.facebook.com/012central/ | www.instagram.com/012central/

Die Fotograaf:

Hello Pretty Pictures | www.facebook.com/helloprettypictures/?fref=ts | www.instagram.com/helloprettypictures/

Blomme en Dekor:

CC Hire | www.facebook.com/hellocchire/?fref=ts | www.instagram.com/catharina_carolina/

Grafiese Ontwerp:

Design Love | www.facebook.com/ilovedesignlove/ | www.instagram.com/ilovedesignlove/

Make-up:

Mariska Scheepers | www.facebook.com/mariskamakeup/?fref=ts | www.instagram.com/mariska_mua/

Rokke:

Gelique | www.facebook.com/GeliqueOnline/?fref=ts | www.instagram.com/geliquedresses/

Juwele:

Lorean Jewelry | instagram.com/lorean_jewellery

Hare:

Denise Malan | instagram.com/denisemalanhairstylist