'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Liefde is luuks in die bos

Dit is ‘n gemeenskaplike vriend wat beide Juvonne en Pieter genooi het om een aand saam met hom iets te gaan drink, maar eintlik was die plan om die twee aan mekaar voor te stel! Gelukkig vir Dewet was Cupid aan sy kant en kan ons vandag Pieter en Juvonne se mooi troue by Palala Boutique Game Lodge met julle deel…  

Hoe het julle verloof geraak?

Dit was op my verjaarsdag, die vierde September 2015. Hy het die derde September vir my gese ons het 'n couples shoot vir my verjaarsdag want ek wou dit nog altyd doen, so ek moet 'n rok kry en hom 5h60 by Fusion Boutique Hotel kry. Maar op die dag het ek elke uur by die werk geskenkies gekry met die mooiste liefdes briefies. Op my senuwees het ek hom ontmoet by Fusion vir ons fotosessie en so het die aand begin met 'n paar fotos, die fotograaf maak toe die voorstel om 'n paar fotos in die honeymoon suite se tuin te gaan neem, toe ons daar in loop het duisende kerse die tuin belig, rooi roosblare orals om ons en die mooiste tafel gedek met al my gunstelling lekkernye asook ons gunstelling wyn, Faith van Beyerskloof. Die fotograaf het gese ons moet maak asof hy nie daar is nie, Dup het vir ons wyn ingegooi en toe het hy vir my Matty Mac se Proposal gespeel, die liedie eindig met die woorde... "I was hoping that you will marry me someday". Hy gaan toe af op een knieg en se die mooiste goed! Die fotorgraaf was daar om elke oomblik vas te vang! Na die groot gebeurtenis het hy my ouers en ons beste vriende genooi om saam ons die geleentheid te vier! Dit was regtig so spesiale dag met soveel moeite en mooi oomblikke.

Wat was die grootste uitdaging wat julle teegekom het tydens die beplanning van julle troue en hoe het julle dit opgelos?

Behalwe dat ek bietjie skepties was oor Pieter wat in beheer wou wees van die mans se pakke, was ons eintlik baie gelukkig om nie vas te sit voor die troue nie en ek moet erken, die manne het in die einde heel handsome gelyk.

Watse advies kan julle aan ander paartjies gee wat die knoop gaan deur haak?

Maak seker julle ken mekaar, maak seker julle is bereid om deur dik en dun saam te staan en dat julle bereid is om die pad te stap met God aan julle sy!