'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Liezel & Micheal Hewitt

Liezel en Micheal Hewitt het 'n intieme tuin seremonie gehou saam vriende en familie in Broadlands Estate in Polokwane. Liezel vertel hoe gelukkig sy was dat haar ma en skoonsussies haar gehelp het om haar sprokies dag te reel, omdat sy toe alreeds in Pretoria gewoon het. As ons so na die fotos kyk kan ons sien dat hulle hierdie taak goed baas geraak het! Ons se dankie aan Marika O'Reilly en Riette de Wet vir die pragtige fotos.

Hoe het julle ontmoet?

Sy se: Hy was my baas – nie direk nie want hy was in Pretoria en ek in Polokwane so ons het mekaar geken maar nie goed nie. Hy was net elke 3 tot 6 maande in Polokwane

Hy se: Einde 2013. Sy het in die ABSA Polokwane tak gewerk wat onder my geval het toe ek nog vir Absa gewerk het.

Wanneer en hoe het jy die eerste keer verlief geraak op jou ander helfde?

Sy se: Ons het begin gesels toe ons altwee deur ‘n emmosionele moeilike tyd gegaan het. As ek nou daar aan dink weet ek nie eintlik presies wanneer nie, ek het net altyd gevoel ek kon met hom gesels oor enigeiets.

Hy se: Ons het met mekaar gesels toe sy die bank wou verlaat, maar nooit gedink sy sou belangstel nie.

 

Wanneer en hoe het julle verloof geraak?

Sy se: By die Palaza Monte Casino – dit was ‘n groot verassing ons was toe nog net ses maande saam so dit was onverwags.

Hy se: Ons het oorgeslaap by die Palaza Hotel, Monte Casino. Ek het haar gevra die aand nadat ons uitgeeet en terug gekom het in die kamer. Ek dink nie sy het dit toe verwag nie!!!

Hoe sal julle die styl van julle troue beskryf?

Sy se: Informeel maar stylvol

Hy se: Informele tuin troue tog elegant.

Wat het julle die meeste geniet van die beplanning van die troue?

Sy se: Ek het nie baie beplan nie omdat ek in Pretoria woon en die troue in Polokwane was maar ek is seker dit was ‘n groot taak vir my ma en skoonsussies! My eie  wedding planners… J

Hy se: Ek het dit niks geniet nie. Daar was te veel stress!!

Was daar iets waaroor julle gesukkel het om oor een te kom en hoekom?

Sy se: Nee glad nie

Hy se: Nee wat, ek dink dit is hoekom ons so goed bymekaar pas.

As jy terug dink aan jou trou dag, wat onthou jy heel eerste?

Sy se: Vir my is daar nie net een ding nie. Die hele dag was onvergeetlik

Hy se: Toe sy saam met haar pa ingestap kom en Dewald Wasserval se song begin speel. 

Sal julle enigeiets verander en hoekom?

Sy se: Nee dit was perfek.

Hy se: Nee niks nie. Dit was die lekkerste dag in my lewe.

Verskaffer: