'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Mooi In Pienk

Magoebaskloof is 'n welige beboste gebied in die misgordel van die noordelike Drakensberg. Die bekende “land van die Silwer Mis”inspireer skrywers reg oor die land en op 17 Januarie 2015 ontvou Loureeze en Morne se troue soos ‘n sprokiesverhaal.

Nie net is ons absoluut gaande oor Loureeze se sprokiesmooi rok nie, maar ook baie beindruk met die manne in pienk. Loureeze vertel hoe die manne van die begin af geweet het dat hulle nie vir hierdie bruid enigeiets gaan vertel van wat hulle wil en nie wil dra nie! Die eind resultaat is ‘n pastel samestelling wat by dra tot ‘n algehele romatiese gevoel.

Die rok:

“Ek het 'n hele paar jaar gelede 'n soortgelyke rok op Pinterest gesien, die ontwerper is Lazaro. Ek was net absoluut mal daaroor en het besluit dit is die een. Ek het gewik en weeg oor die wit of blush, maar het toe besluit dat die rok net nie dieselfde asemrowende effek sal he in wit nie. Ek het toe vir Carisha van Bridezilla gaan sien met fotos en so word my droom rok toe ‘n realiteit.”

Die skoene:

“Die balletskoene kom maar van my dae as ‘n ballerina af. Ek het baie groot voete wat my opsies heelwat minder gemaak het! Dan is my man net klein bietjie langer as ek en dit het ook haakskoene elimineer as ‘n opsie. Die venue is ook van so aard dat ons vêr ente moes stap, so ek was absoluut gefokus op gemak.”

Advies:

Moenie bang te wees om te ekspirimenteer met kleur op jou groot dag nie, veral as dit kom by jou trou rok. Dit is ook belangrik om gemaklik te wees sodat jy jou groot dag ten volle kan geniet en die aand kan om dans saam jou vriende en familie!