'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Oefen vir jou trou rok

Een van die beste maniere om te verseker jou trou rok sit nommerpas op jou groot dag is om die regte oefeninge te doen vir die tipe rok wat jy gaan dra, elke tipe rok beklemtoon jou liggaam op ‘n ander manier. Annemarie Lewis, ‘n persoonlike afrigter in Polokwane, deel ‘n paar wenke met ons asook ‘n oefen program wat ‘n fietse lyfie sal verseker.

Hier is ‘n paar wenke vir 3 verskilende rokke…

Die Meermin-snit:

Hierdie noupassende snit beklemtoon die bo-lyf, spesifiek jou bo-bene, boude en heupe.

Om te verseker jou beste bates is ferm, fokus op oefeninge soos die heup-brug, knielende terug skoppe en die skerpioen. Omdat jy terselfe tyd vet wil verbrand kan jy kardio oefeninge soos tou spring en berg klim hiermee kombineer.

Click hier vir jou aflaaibare oefen program. Vir beste resultate, herhaal hierdie stel oefeninge 3 tot 4 keer, 3 keer per week.

Die Bal Rok:

Terwyl hierdie rok ‘n nou middle verseker, word meer klem geplaas op jou oop skouers en arms. Vir mooi skouers en ferm arms, doen op-stote, trisep dips, optrekke met ‘n ketel gewig of enige ander swaar voorwerp en rek krulle. Om vet te verbrand, kombineer met burpees en hardloop lyne.

Click hier vir jou aflaaibare oefen program. Vir beste resultate, herhaal hierdie stel oefeninge 3 tot 4 keer, 3 keer per week.

Die Kort Rok:

As jy die minder tradisionele roete gaan in ‘n kort rok, gaan alle aandag op jou bene wees! Om jou bene fantasties te laat lyk, fokus op afsakke, lopende afsakke asook kuit oefeninge soos om op ‘n trappie te staan en jouself te lig met jou tone. Vir kardio kan jy hierdie oefeninge kombineer met ysskaatsers en hurkende spronge.

Click hier vir jou aflaaibare oefen program om jou bene fantasties te laat lyk. Vir beste resultate, herhaal hierdie stel oefeninge 3 tot 4 keer, 3 keer per week.

Alhoewel hierdie 3 verkillende programme fokus op spesifieke areas, kan hulle gekombineer word vir ‘n algehele gesonder voorkoms. Jy kan byvoorbeeld die 3 programme elk op ‘n verskillende dag doen, 3 keer ‘ week.

Ons hoop hierdie oefeninge gaan jou help om vol vertroue in die trou paadjie af te stap!