'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Sarafi Lux

Die plaaslike fotograaf, Alicia Landman is nog altyd lief vir die bosveld. Met haar moderne oog kyk sy opnuut na die interpretasie van ‘n bosveld troue en skep iets waarlik betowerends...

Om eg te bly aan die natuurskoon gebruik hulle gedroogde sade, proteas, doring takke en hout as blommerangskikkings. Groot koper potte, swart eetgerei en die marmer patroon op die koek, sit ‘n moderne twis op hierdie klassieke aardse elemente. 

Die model dra ‘n elegante swart rok, wat net soos ‘n swart en wit foto, ‘n tydlose beeld toon.

Baie dankie aan die volgende verskaffers vir hulle bydra tot die Safari Lux Gestileerde fotosessie...

Moditlo River Lodge: Venue

Silver Swallows: Rok

Divino Wedding Hair: Hare

Adel Keyser: Gremering

Wood & Twine Studio: Blomme, koek en stilering

Exclusive Hiring Services & Functions: Dekor elemente

Dougs Hiring: Safari stoele

Verskaffer: