'n Trougids waar bruide top gehalte diensverskaffers kan vind eksklusief in Limpopo asook tonne inspirasie en advies.

Spesiaal vir jou strooimeisies

Nou dat jy besluit het op jou strooimeisies - jou taakmag in aanloop tot jou spesiale dag, is dit jou beurt om die groot vraag te vra! Verras hulle met ‘n persoonlike geskenkie om die geleentheid te vier.

Jy benodig:

‘n 21 x 15 cm Geskenkboksie (of genoeg vir jou botteltjie)
‘n Klein botteltjie vonkelwyn (Ons het JC Le Roux gebruik)
2 - 3 Houertjies blinkers in die kleur van jou keuse
Mooi papier Strooitjies om by jou blinkers te pas
Ongeveer 2 meter Organza Lint per boksie
Rafia/ Papiersnippers/ Kreukelpapier (ons het papier snippers gebruik)
Jou Amper Mevrou aflaaibare boodskappies laai hier af
‘n Blikkie spuitgom
‘n Gaatjiepons
Maskeerband
Dubbelkantige kleeflint
Liniaal
Kunsmessie

So gaan jy te werk:

  1. Begin deur vir jou ‘n werksarea te skep waar jy lekker kan mors.
  2. Plak kleeflint om jou bottelttjie se nek tot waar jy die blinkers wil he. Spuit die gom reg rondom en versprei die blinkers eweredig tot die hele oppervlak bedek is. Sit eenkant om droog te word. Spuit later nog ‘n lagie gom oor die blinkers om te verhoed dat hul afgee.

Handige Wenk:

Plaas ‘n stukkie “Clingwrap” oor die nek / bo-kant van die bottle en plak dan ‘n netjiese lyn met die maskeerband – dit sal voorkom dat daar ongewenste gom en blinkers bo jou maskeerband beland.

  1. Knip die boodskappies uit soos aangedui op die aflaaibare bladsy.
  2. Die eerste boodskappie, “Ek kan nie ja se sonder jou nie” kom bo-op die geskenkboks se deksel. Sny glefies bo en onder met jou kunsmessie sodat jy jou lint kan deur ryg. Plaas die boodskappie in die middle van die deksel en knip die lint sodat albei kante bietjie langer is as die deksel, jy gaan die punte later onder die deksel in vou.
  3. Ryg jou lint deur die gaatjie van die tweede boodskappie, “sal jy my strooimeisie wees?” en maak dit vas om jou botteltjie se nek. Los genoeg spasie om jou strooitjie deur te druk voor jy die lint knoop.
  1. Vul jou geskenkboksie met raffia/ papier snippers of kreukelpapier voor jy jou botteltjie binne in plaas, dit sal verhoed dat hy nie rond rol nie.
  2. Neem nou jou deksel, maak seker jou boodskappie is mooi in die middel en vou die punte van die lint onder die deksel in en plak dit vas met dubbel kantige kleeflint. Maak jou geskenkie toe en bewonder nou jou pragtige handewerk!

Handige Wenk:

Blinkers plak en versprei baie maklik soos die plaag – maak seker dat daar nie ‘n windjie trek wanneer jy die blinkers strooi nie. Speel ook maklik klaar met daardie verdwaalde blinkers deur hul met ‘n stofsuier by te kom…

En die blinkers op jou hande (en gesig)? Babapoeier! Vryf dit oor jou hande en dit behoort die blinkers te laat los…

Nou kan jy en jou strooimeisies ‘n glasie klink op hierdie gelukkige geleentheid.