A wedding guide where brides can find top quality service providers exclusively in Limpopo and tons of inspiration and advice.

Kylie-Rae and Dale Eberhard

Kylie-Rae en Dale Kirkham se sprokiesbruilof het afgespeel by Matuma in Letsitele. ‘n Spesiale dag geverf met die mooiste kleure van die Afrika sonsondergang. 

Hoe het julle ontmoet?

Ons het by ‘n gemeenskaplike vriend se verjaarsdag ontmoet. Ons het so lekker gesels en hy het my baie op my gemak laat voel. Wie sou nou ooit kon raai da tons ‘n paar jaar later man en vrou sou word!

Hoe het julle julle trou dag ervaar?

Ek en Dale het ons “I do’s” saam met die Afrika sonsondergang gevier, die belofte van more en ‘n nuwe lewe saam as getroude paartjie. Dit was baie romanties en ekstra spesiaal om ons familie en vriende as getuies te he. Die dag het al ons verwagtinge oortref en meer!

Hoe lank het julle verlowing geduur?

Ons het na vyf jaar verloof geraak op die dag wat hy my gevra het om sy meisie te wees. Na die verlowing het ons bietjie meer as ‘n jaar beplan aan ons troue, dit het ons genoeg tyd gegee om die oomblik as ‘n nuwe verloofde paartjie in te neem voor ons weggespring het met die groot beplanning.

 

Hoe het julle te werk gegaan met die beplanning?

Ons het van die begin af geweet wat ons wil he, ietsie anders en spesiaal, ‘n gesellige samekoms waar almal lekker kan kuier. Ons het toe besluit dat die beste verhoog vir ons troue die Afrika sonsondergang sou wees en daar niks meer gesellig is as om om ‘n vuur te sit en kuier nie en so het ons aan ons skemer troue begin beplan. Ek het ook nie tyd gemors om te begin soek na my rok nie, ek moes my pa saam vat omdat my ma moes werk en tot groot verbasing het ek onmiddelik my droom rok gevind. Dit was so spesiaal om daardie oomblik saam my pa te kon deel.  

Wat het jy die meeste geniet van die beplanning?

Dit was so lekker om op familie en vriende te kon staat maak, almal was baie gewillig om te help en al my tannies en vriendinne het ingespring! Dit was so lekker om deur die hele proses saam met hulle te gaan en alles het vlot verloop.

Wat was die moeilikste ervaring tydens die beplanning?

Die gastelys! Ons het besluit om ‘n kleiner intieme troue te hou en net 100 gaste te nooi. My pa was 7 weke voor die troue in ‘n ernstige motorfiets ongeluk, hy het se been en voet gebreek. Saam met dit moes ons ook afskeid neem van familie lede, my ouma, oupa emo om is kort voor die troue oorlede, so dit was emosioneel ‘n moeilike tyd. 

What advice would you give other couples planning their wedding?

Delegate and get a good wedding co ordinator. Take off the week before the wedding! Do nothing but wake up and enjoy the daycof the wedding with cell phones switched off. I did this and it was I lived my dream day in my little bubble. It was more than I every hoped it could be. 

Venue: Matuma wedding venue, Lestitele  Limpopo

Koordineerder: Cheryl Dempster from big day events

Gremering: Jana Pohl

Hare: Lizl snyman

Bykomstighede: Haley Goodrich

Skoene: Dune